Ons ondersteun
Geopende Deure
Meer as 380 miljoen Christene ervaar vervolging en diskriminasie weens hul geloof.
Hulle volg Jesus, ongeag die koste. Met jou hulp bring ons vir hulle hoop deur bewusmaking, gebed en ondersteuning vir die wêreldwye vervolgde Kerk aan te moedig.


Waarvoor bid ons?
Ons nooi almal uit om saam met ons te bid vir:
Uitreike – om God se liefde in die gemeenskap te versprei.
VBS (Vakansie-Bybelskool) – vir kinders om geestelik te groei.
Sending – om God se Woord na ander nasies te bring.
Evangelisasie – om siele vir Christus te wen.
Bid asseblief saam vir Ds. Wim en sy vrou Petro, dat die Heilige Gees hulle sal lei in hul bediening in Belfast en die omliggende gemeenskappe.
Interessante Feit
🔹 Belfast-gemeente is een van die oudste gemeentes in die EGK!
Kom aanbid saam met ons en beleef die krag van gebed en vertroue!


EG Kerk Belfast
Stigtingsjaar: 1944
Welkom by EG Kerk Belfast, 'n gemeente gewortel in geloof en diens, wat sedert 1944 'n geestelike tuiste bied vir die gemeenskap.
Kerkadres: Riebeeckstraat 95, Belfast
Huidige Leraar: Ds. Wim Smith
Kontaknommer: 082 530 3623

Aksie 1:8
Dit is ons eie kerk se sendingorganisasie wat plaaslike én wêreldwye sendelinge ondersteun. Ons gemeente het voorsiening gemaak dat 2% van elke gemeente se inkomste direk na hierdie werk gaan om sendingbedrywighede moontlik te maak.
Gospel For Asia
Gospel for Asia ondersteun plaaslike sendelinge in Indië, wat hul eie mense met die evangelie bedien. Ons gemeente ondersteun tans 10 sendelinge in hierdie werk.
AEB en Glenvar
AEB is ‘n interkerklike organisasie in Suid-Afrika wat op evangelisasie-uitreike fokus. Glenvar is hul opleidingsentrum vir sendelinge (Pelgrims). Ons gemeente ondersteun Glenvar met 'n maandelikse bedrag.
Stem van die Martelare
Hierdie organisasie ondersteun Christene wat vervolg word in vyandige lande, insluitend die Oosblok en Arabiese lande, waar geloofsvryheid beperk word.
EG Kerk Kweekskool
Die EG kweekskool wil predikante, sendelinge en geestelike werkers vir die Evangelies Gereformeerde Kerk oplei om: Effektief die ewige, onfeilbare en geïnspireerde Woord van God te verkondig.
OMF Southern Africa
Deel die Evangelie met Oos-Asië
OMF Southern Africa is daartoe verbind om die kerk in Suidelike Afrika toe te rus en te bemagtig om die volle evangelie van Jesus Christus met die mense van Oos-Asië te deel.